Jy hoef nie vas te bly in dit wat jou gevorm het nie.

'n Veilige, menslike ruimte waar Irene Stavast saam met jou stap.

Om ou seer en herhalende patrone beter te verstaan.

Sodat jy met meer selfkennis, innerlike krag en vryheid vorentoe kan beweeg.

Ontdek Moederwond

Die betekenis van R.I.S.E

Recover

Erken wat seergemaak het en skep ruimte vir herstel.

Ignite

Herontdek die vonk binne jou en laat nuwe hoop, energie en moontlikhede ontvlam.

Strengthen

Bou selfkennis, innerlike krag en gesonder maniere om vorentoe te beweeg.

Empower

Maak nuwe keuses met meer vertroue, vryheid en eienaarskap van jou lewe.

Hoe R.I.S.E. jou kan ondersteun

Of jy nou persoonlike begeleiding, nuwe selfinsig of ’n gestruktureerde groeipad nodig het, R.I.S.E. bied verskillende maniere om jou te ondersteun waar jy nou is.

Vind jou volgende stap

Ontmoet Irene Stavast

Irene Stavast is die stigter van R.I.S.E. Coaching en glo dat ons nie bedoel is om vas te bly in dit wat ons seergemaak het, ons laat twyfel het of oor jare iets van ons verhoudings, vreugde en moontlikhede gesteel het nie.

Haar pad loop oor dekades van counselling, mensontwikkeling, HR, emosionele intelligensie, leierskap, Logoterapie, TNCM™ en MLNP™, met verdere opleiding en ervaring wat haar begrip van mense deur die jare verdiep het. Nie omdat sy net meer wou weet nie, maar omdat sy self dieper wou verstaan; die mens agter die gedrag, die storie agter die seer, en hoe ware herstel ook ruimte kan skep vir ’n dieper verhouding met God.

By R.I.S.E. gaan dit nie net daaroor om minder seer te hê nie, maar om weer voluit te leef, lief te hê, te verbind en in te stap in wie jy geskep is om te wees.

R.I.S.E. Because you were never meant to stay down.

Leer Irene beter ken

’n Persoonlike boodskap van Irene oor herstel, verandering en die moed om jou eerste stap te neem.

Doen die gratis Moederwond Kompas →

Moederwond: verstaan die patrone wat jou gevorm het

Wanneer ons van ’n moederwond praat, verwys dit na emosionele seer en patrone wat oor tyd ontstaan het. Wanneer jy nie altyd die veiligheid, erkenning, beskerming of emosionele verbinding ontvang het wat jy nodig gehad het nie.

Dit gaan nie oor blaam nie. Nie vir jou grootouma, jou ouma of jou ma nie. Dit gaan oor verstaan. Om raak te sien wat oor generasies saam gedra kon word, wat daarvan deel van jou eie patrone geword het, en waar jy vandag die geleentheid het om verantwoordelikheid te neem en iets nuuts te kies terwyl jy genees.

Jy kan dit vandag nog raak sien wanneer jy:

  • maklik voel jy is nie goed genoeg nie;
  • sukkel om grense te stel of veilig in verhoudings te voel;
  • ander probeer gelukkig hou, te veel verantwoordelikheid dra of jouself gereeld laaste sit;
  • dieselfde verhoudingspatrone herhaal, al verstaan jy nie altyd hoekom nie.

    Die Moederwond-groeipad help jou om onder die oppervlak te kyk nie om in die verlede vas te bly nie, maar om te verstaan wat jou gevorm het, wat jy nie meer hoef saam te dra nie, en wat jy vandag anders kan kies.

    Sodat jy met meer selfkennis, vryheid en verbinding vorentoe kan beweeg.
Ontdek die Moederwond-groeipad

Nie seker waar om te begin nie?

Begin met die gratis Moederwond Kompas

Die Moederwond Kompas is 'n eenvoudige eerste stap om meer helderheid te kry oor hoe jou verhouding met jou ma, of dit wat jy as kind nodig gehad het maar dalk nie ontvang het nie, vandag nog in jou emosies, verhoudings en reaksies kan wys.

Gratis assessering • Persoonlike refleksie • Begin op jou eie tyd

Doen die gratis Moederwond Kompas

Wat deelnemers oor R.I.S.E. sê

Ester D.

“Ek het by R.I.S.E. Coaching uitgekom en my lewe het verander … Ek het ’n pad gestap saam met iemand wat my gelei het en wie ek kon vertrou.”

Rhona B.

“Dis moeilik om in woorde te sit wat hierdie reis beteken. Dis asof elke week ’n nuwe laag van my hart oopvou — sag, eerlik en soms rou, maar altyd met hoop.”

Antonette K.

“Die live-sessies is ongelooflik. Toe ons oor perfeksionisme en pa-wonde praat, het ek vir die eerste keer regtig besef wat die worteloorsaak is.”

Kies jou volgende stap

Jy hoef nie reeds al die antwoorde te hê nie. Begin waar jy nou is. Ontdek meer oor jouself, verken die Moederwond-groeipad of gesels met Irene oor die ondersteuning wat by jou pas.

Ontdek die Moederwond-groeipad Kontak Irene